Ek en Alma ry rond deur die Gansbaai kontrei en neem ‘n paar fotos. Die beste is natuurlik om self deur die kontrei te ry en nie net na die fotos te kyk nie. Veral Baardskeerdersbos lyk hierdie tyd van die jaar pragtig. Die fotos is in my album. Kommentaar is altyd welkom.
Archive for the ‘Gansbaai’ Category
Gansbaai omgewing
Sunday, June 24th, 2007Buffeljags
Tuesday, May 1st, 2007Die naweek van 27 April tot 1 Mei kuier ek en Alma op Gansbaai. Ons besoek Buffeljags. Dit is ‘n klein plekkie met ‘n handjie vol inwoners. Die lewe hier word uit die see uit gemaak. Wat opvallend is, is die DSTV skottels teen die huisies se mure. By die baai staan ‘n verroeste ou windas (ek dink dit is wat ‘n mens dit noem). Hiermee het hulle jere gelede bote uitgetrek. Ek weet by Romansbaai, tussen Gansbaai en Dangerpoint, was ook so een. Buffeljags lĂȘ tussen Pearly Beach en Die Dam en seker so 30 KM anderkant Gansbaai. Sien die fotos in my Foto Album.
Kommentaar is welkom.
Duikboot by Gansbaai
Sunday, April 1st, 2007Ek was die naweek van 31 Mrt – 1 Apr op Gansbaai en sien toe hierdie klein duikboot waarmee die ouens vanaf Kleinbaai se hawe uitgaan na Dyer-eiland om haaie te kyk. Kyk in my foto album vir die fotos van die duikbootjie. Daar is plek vir twee persone in die duikboot. Die duikboot word deur ‘n bood gesleep na Dyer-eiland. Daar word die duikboot en die blou gedeelte, soos op die fotos, van mekaar geskei. Die duikbootjie duik dan en hulle kan haaie gaan soek. Hoop die tralies is sterk. Het jy al die Witdood se tande gesien?