Die volgende Boland Amateurradio Klub vergadering vind plaas op 6 Des op die plaas Slot van die Paarl. Die vergadering begin stiptelik 11 uur en die braaivleisvure sal so net na 12 uur gereed wees. Sien julle almal daar.
Archive for the ‘Amateur Radio’ Category
BARK Vergadering 6 Desember 08
Sunday, November 30th, 2008Posted in Afrikaans, Amateur Radio, BARK, HAM | No Comments »
Boland Amateurradio Klub se Algemene Jaarvergadering 08
Wednesday, June 18th, 2008BARK se AJV vind plaas op Saterdag 21 Junie op die plaas “Slot van die Paarl”. Die vergadering begin om 11 uur. Ek hoop om baie amateurs en gaste daar te sien.
Posted in Afrikaans, Amateur Radio, BARK, HAM | No Comments »
Boland Amateurradio Klub vergadering, MAART 2008
Saturday, March 15th, 2008Vandag 15 Maart, het die eerste BARK vergadering van die jaar plaasgevind. Dit was gehou op Die Slot van die Paarl, met Olivier – ZS1OLI as gasheer. Julle ouens wat dit gemis het kan spyt wees daaroor. Lekker man…..
Fotos van die gebeurtenis is op my Fotoalbum. (Of is dit nou bewyse?) Klik sommer op http://zs1rx.co.za/fotos/
Julle is welkom om kommentaar hier en by die fotos te los.
Posted in Afrikaans, Amateur Radio, BARK, HAM | No Comments »
Boland Amateurradio Klub vergadering
Tuesday, February 5th, 2008Die volgende BARK vergadering vind plaas op Saterdag 15 Maart op die plaas Slot van die Paarl. Sien julle daar!
Posted in Afrikaans, Amateur Radio, BARK, HAM | No Comments »
Radio Tegnologie in Aksie
Tuesday, February 5th, 2008Hi almal, onthou die RTA op Saterdag 8 Maart. Dit vind plaas by CPUT. CPUT is die Kaapse Technikon. Die sprekers is kundig en sommige nog bekend ook. Kom luister na die ontwikkeling van die nuutste tegnologie. Sien julle daar!
Posted in Afrikaans, Amateur Radio, BARK, HAM | No Comments »
BARK se vergadering van 1 Desember 07
Monday, December 3rd, 2007Weereens ‘n lekker vergadering in die Agter Paarl. Dit was ook die prys uitdeling van die Verbind en vind kompetisie. Nege deelnemers het pryse gewen. Die antwoord van die kompetisie was Sandy Bay.
Ons het lekker gebraai en sommer net lekker gesels soos net die Bolanders kan doen.
Ons ledetal staan tans op 122, wat ons moontlik die grootste klub in Suid Afrika maak. Ons is die grootste Afrikaanse klub in die Wêreld!
Fotos van die geleentheid is op my Fotoalbum.
Posted in Afrikaans, Amateur Radio, BARK, HAM | No Comments »
Boland Amateurradio Klub vergadering
Sunday, November 25th, 2007Die volgende BARK vergadering vind plaas op Saterdag 1 Desember 2007 op die plaas Slot van die Paarl in die Agter Paarl.
Die Verbind en Vind kompetisie vind plaas gedurende Vrydagaand 30 November en Saterdag 1 Desember. Die pryse sal gedurende die vergadering uitgedeel word.
Die nuutste CQ Boland (November 2007) is nou beskikbaar op hierdie webwerf. CQ Boland November 2007.
Posted in Afrikaans, Amateur Radio, BARK, HAM | No Comments »
BARK bedien Agulhas Vuurtoring
Wednesday, August 22nd, 2007Die Boland Amateurradio Klub (BARK) het vanjaar weer ‘n radiostasie by die Agulhas vuurtoring opgesit. Hierdie is ‘n jaarlikse instelling en het vanjaar gedurende die naweek van 18 en 19 Augustus plaasgevind. Die ekspidisie het bestaan uit Deon (ZS1G), Karl (ZS1KC), Ghram (ZS1GVB), Rassie (ZS1YT), Olivier (ZS1OLI), Andre en die uwe, ZS1RX. Vrydagmiddag het Doepie (ZS1HK) en ‘n vriend by ons kom kuier. Doepie dankie vir al die Rooikrans.
Saterdag het Fred (ZS1AS) en Shaun (ZR1ST) vir ons kom kuier. Okko (ZS1OKO) en sy vriendin het vir die naweek op Agulhas gebly en dikwels kom kuier en kom help kontakte maak.
En verder praat ons nie uit nie……………
Fotos van die naweek is beskikbaar in my foto album of klik op die volgende skakel: http://zs1rx.co.za/fotos/
Posted in Afrikaans, Amateur Radio, BARK, HAM | No Comments »
Boland Amateurradio Klub se AJV
Sunday, July 1st, 2007Die Boland Amateurradio Klub se algemene jaarvergadering het op 30 Junie op die plaas van Olivier, ZS1OLI, plaasgeving. Meer as 60 mense het die teenwoordigheidsregister geteken. Daar was ook heelwat nuwe gesigte. Karl, ZS1KC het ook sommer gou-gou nuwe lede vir die klub gewerf. Rassie, ZS1YT, het gesorg dat ons deur die amptelikke vergadering gaan soos voorgeskryf. Dit was ook ‘n verkiesing van die bestuur van Boland. Die ou komitee is herverkies en Jean, ZS1HJC, en Conradt, ZS1ES, is as adisionele lede verkies.
Met die verdaging van die vergadering begin dit reen. Reen keer egter nie die lede van BARK as hulle wil braai nie, en sommer gou is ‘n plan gemaak en die braaidromme na binne geskuif.
en toe het die groot gesels begin………..
Posted in Afrikaans, Amateur Radio, BARK, HAM | No Comments »
Die Nuutste CQ Boland is nou beskikbaar
Thursday, June 21st, 2007Die nuutste CQ Boland is nou beskikbaar. Dit is die Junie 2007 uitgawe. Kyk onder Ham, CQ Boland. Of klik hier.
Lekker lees!
Posted in Afrikaans, Amateur Radio, BARK, HAM | No Comments »