Ek was die naweek van 31 Mrt – 1 Apr op Gansbaai en sien toe hierdie klein duikboot waarmee die ouens vanaf Kleinbaai se hawe uitgaan na Dyer-eiland om haaie te kyk. Kyk in my foto album vir die fotos van die duikbootjie. Daar is plek vir twee persone in die duikboot. Die duikboot word deur ‘n bood gesleep na Dyer-eiland. Daar word die duikboot en die blou gedeelte, soos op die fotos, van mekaar geskei. Die duikbootjie duik dan en hulle kan haaie gaan soek. Hoop die tralies is sterk. Het jy al die Witdood se tande gesien?