Archive for May, 2007

Die Voortrekkers se PD-dag op Wemmershoek

Monday, May 28th, 2007

Op Saterdag 26 Mei het die Wes-Kaap se Penkoppe en Drawertjies op Wemmershoek saamgetrek. Ek en ‘n paar Voortrekker neefs het vermom en bekruip vir graad 3 en 4 aangebied. Die terugvoer vanaf die kinders was baie goed. Veral die kamoefleer van die gesigte was vir hulle lekker. Hulle mag vuil gesigte hê……

Kommentaar sal welkom wees.

Sien die fotos van die dag se gebeure in my Album

Nagmars 2007 van Die Voortrekkers

Monday, May 7th, 2007

Op Saterdagaand 5 Mei het die Wes-Kaap se Voortrekkers se jaarlikse Nagmars plaasgevind. Vanjaar was dit in die Paarlberg. Die tema was “CSI”.

Baie dankie aan almal wat gehelp het om ‘n sukses daarvan te maak. Veral Alma, Mirinda en Andre wat baie ure opgeoffer het.

Volgende jaar doen ons dit weer.

Kyk na die fotos in my album.

Kommentaar is welkom!

Buffeljags

Tuesday, May 1st, 2007

Die naweek van 27 April tot 1 Mei kuier ek en Alma op Gansbaai. Ons besoek Buffeljags. Dit is ‘n klein plekkie met ‘n handjie vol inwoners. Die lewe hier word uit die see uit gemaak. Wat opvallend is, is die DSTV skottels teen die huisies se mure. By die baai staan ‘n verroeste ou windas (ek dink dit is wat ‘n mens dit noem). Hiermee het hulle jere gelede bote uitgetrek. Ek weet by Romansbaai, tussen Gansbaai en Dangerpoint, was ook so een. Buffeljags lê tussen Pearly Beach en Die Dam en seker so 30 KM anderkant Gansbaai. Sien die fotos in my Foto Album.

Kommentaar is welkom.