Archive for July, 2007

Boland Amateurradio Klub se AJV

Sunday, July 1st, 2007

Die Boland Amateurradio Klub se algemene jaarvergadering het op 30 Junie op die plaas van Olivier, ZS1OLI, plaasgeving. Meer as 60 mense het die teenwoordigheidsregister geteken. Daar was ook heelwat nuwe gesigte. Karl, ZS1KC het ook sommer gou-gou nuwe lede vir die klub gewerf. Rassie, ZS1YT, het gesorg dat ons deur die amptelikke vergadering gaan soos voorgeskryf. Dit was ook ‘n verkiesing van die bestuur van Boland. Die ou komitee is herverkies en Jean, ZS1HJC, en Conradt, ZS1ES, is as adisionele lede verkies.

Met die verdaging van die vergadering begin dit reen. Reen keer egter nie die lede van BARK as hulle wil braai nie, en sommer gou is ‘n plan gemaak en die braaidromme na binne geskuif.

en toe het die groot gesels begin………..