Archive for August, 2007

BARK bedien Agulhas Vuurtoring

Wednesday, August 22nd, 2007

Die Boland Amateurradio Klub (BARK) het vanjaar weer ‘n radiostasie by die Agulhas vuurtoring opgesit. Hierdie is ‘n jaarlikse instelling en het vanjaar gedurende die naweek van 18 en 19 Augustus plaasgevind. Die ekspidisie het bestaan uit Deon (ZS1G), Karl (ZS1KC), Ghram (ZS1GVB), Rassie (ZS1YT), Olivier (ZS1OLI), Andre en die uwe, ZS1RX. Vrydagmiddag het Doepie (ZS1HK) en ‘n vriend by ons kom kuier. Doepie dankie vir al die Rooikrans.

Saterdag het Fred (ZS1AS) en Shaun (ZR1ST) vir ons kom kuier. Okko (ZS1OKO) en sy vriendin het vir die naweek op Agulhas gebly en dikwels kom kuier en kom help kontakte maak.

En verder praat ons nie uit nie……………

Fotos van die naweek is beskikbaar in my foto album of klik op die volgende skakel: http://zs1rx.co.za/fotos/