Ham

ZS1RX

Ek geniet veral digitale modusse en doen baie PSK31 DX. Ek is meestal op 14.070Mhz en 21.070Mhz. Ek verkies 15 meter bo 20 meter, maar 15 is nie altyd so werkbaar nie. Ek gebruik ‘n Icom 751 saam met ‘n 3 element rigstraler.

Die ander digitale modus wat ek baie gebruik is pakket. As “sysop” van ZS0BEL stuur en ontvang ek daagliks die amateurs in die Wes-Kaap se pos en bulletins. Hier gebruik ek 6 Meter 50.500Mhz en Telnet.

Ek is elke jaar betrokke by die “vuurtorings op die lug” naweek en organiseer elke jaar CQ Hou Koers in die Kaap-Provinsie. CQ Hou koers is elke jaar in Oktober en by hierdie geleendheid mag die Voortrekkers via amateurradio met mekaar gesels.

Boland Amateurradio Klub

Die Boland Amateurradio Klub is gestig gedurende Junie 1948 as Tak Boland en op 25 Mei 1996 is die naam verander na Boland Amateurradio Klub. Boland is gestig nadat daar ‘n behoefte ontstaan het vir ‘n Afrikaanse klub in die Wes-Kaap. Boland is vandag een van die grootste klubs in Suid-Afrika. Dit is ook een van die aktiefste klubs. Besoek BARK se web-werf.

CQ Boland

CQ Boland is die kwartalikse nuusbrief van BARK. Klik hier om CQ Boland te kan aflaai. CQ Boland.

Suid-Afrikaanse Radioliga

Ek is ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Radioliga en die trotse draer van ‘n Jack Twine toekenning.

SARL Web-Werf

Pakket via Internet

ZS0BEL kan nou ook via die internet gekontak word. U kan dus pakket radio gebruik deur middel van die internet. Doen die volgende:

Klik op Start (dit is nou die een links onder in die hoekie)
Klik op Run
Tik die volgende in; telnet zs0bel.za.net 6300
Klik OK

Winpack kan ook opgestel word om via die internet te werk.

Geniet dit

Winpack via Telnet

Winpack kan opgestel word om soortgelyk as per radio te werk, maar met behulp van die internet of dan Telnet. Hierdie is dan veral handig vir amateurs wat buite radio-bereik van ‘n BBs is.

Hier volg die opstelling van Winpack:

In Winpack:
1. Options – Personal/BBS Info
BBS Callsign: ZS0BEL
BBS Prompt: BBS>

2. Options – Comms Setup
Host Mode: TELNET

3. Mail – Mail Options
NET DIE EERSTE DRIE WORD GEMERK

4. Scripts – Edit a Script – BBS.TXT – OK

; The hot key.
HOTKEY F2
; The title.
TITLE Connect to the local BBS
; Send the command to connect to my local BBS.
SEND c zs0bel.za.net:6300
WAITFOR Callsign :
SEND .$mycall
WAITFOR Password :
;Vervang password hieronder met wagwoord wat ek vir jou gee
SEND password
WAITPROMPT

Links klik en “save”

Nota: password – Hier moet jy ‘n wagwoord by my kry. Stuur ‘n E-pos aan zs1rx@mailbox.co.za en ek sal vir jou ‘n wagwoord stuur.”

5. Druk F2 om aan die BBS te konnekteer. Stuur X om jouself in “Xpert” modus te sit. Dit is as jy nognie in Xpert modus is nie.

6. So maklik soos dit. As jy nou die “BBS session icon” (5 de van links) klik, sal jou “headers” opdateer en jou boodskappe afgelaai word. Winpack werk verder soos normaal.

APRS VIA INTERNET

Laai UI-View af vanaf my webwerf onder sagteware of vanaf die internet en installeer dit.
Gaan na Setup
Kies Station Setup
Sit jou Roepsein en Lengte Breete grade in. Voorbeeld van formaat: 33.52.47S en 018.40.08E
Beacon Comment is iets soos “Johan in Bellville”
Kies APRS Server Setup
Gebruik die volgende as “Server”
third.aprs.net:10159
of
www.aprs-za.com:10152
By die ouer weergawes van UI-View kan jy dit net intik, maar by die nuwer weergawes moet jy op die Server venster lĂȘ en die Insert knoppie op die sleutelbord druk.
Die validation Number is -1

Hierdie is die basiese opstelling om te kan begin.

Doen die volgende om die “internet server” te aktiveer:
Klik op Action
Klik op Connect To APRS Server
Log on when connected? Yes
Ses groen blokkies sal nou bo in die middel van die skerm verskyn. Solank hierdie blokkies daar is, is u gekonnekteer. Onthou u moet elke keer as u in die program ingaan aan die Server konnekteer.

Kaarte van Suid-Afrika is beskikbaar by: http://www.zs6cey.org:8080/

Kopieer die kaarte na UI-View/Maps.

BARK op IRC

Ek het ‘n klets-kamer met die naam BARK gemaak op JAWUG. Hier in Kaapstad het ons CTWUG vir “Cape Town Wireless User Group” en in Johannesburg het hulle JAWUG. Onder sagteware is ‘n leer met die naam van mIRC. Laai dit af en “unzip” dit. Doen die volgende:

Klik op mirc.exe
Gaan na Tools, Options. Maak Connect oop
Vul jou naam in
Jou e-pos adres
Nick name is jou Roepsein
Alternatiewe Nick is jou naam
Klik op OK
Klik op die weerligstraal. Eerste icon

Kom gesels saam!!!

Leave a Reply